BlogsOpinion

Help dorp om gloriedae te herleef

Modimolle se burgemeester verduur baie hoon en slae, maar dié dorp het nie die afgelope 20 jaar onder háár bestuur so agteruit gegaan nie.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Modimolle se burgemeester verduur baie hoon en slae, maar dié dorp het nie die afgelope 20 jaar onder háár bestuur so agteruit gegaan nie.

Dit het my herinner aan die jare voor 1994.

Dit was die tydperk toe daar in Suid-Afrika en Namibië meegeding is om trofeë vir die mooiste en skoonste tuine by staatsinstellings.

Wat het van hierdie trots en trofeë geword wat dikwels deur spoorweg- en polisiestasies verower is?

Tot vandag toe verfraai sekere inwoners hul tuine ná goeie reën. Ongelukkig is daar mense by van die staatsgeboue wat klaarblyklik net wag vir die winter om onkruid en vullis te verbrand.

Hierdie plekke is die teelaarde van rotte, muise, peste en plae wat ’n groot gesondheidsgevaar inhou.

Geen wonder daar is ’n vriendelike en vrywillige span inwoners wat die dorp op eie onkoste skoonmaak nie.

Kom ons staan op en reël ’n “Operasie Skoonmaak” of ’n fondsinsameling en koop of skenk aan daardie groep ’n grassnyer. Ons as inwoners kan trots saamstaan en help om ons dorp tot sy eertydse glorie te herstel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button