BlogsOpinion

Hoofartikel: Lui-lui by die werk

’n Mens kan skaars glo dat ons in ’n land leef waar die oppergesag van die reg behoort te seëvier en waar iemand altyd onskuldig is voordat hy of sy deur ’n hof (of soortgelyke wetlike liggaam) skuldig bevind word.

Die nuwejaarsafskop is nou reeds ou nuus en in die drie weke wat verloop het, was daar veral op die onderwysfront groot drama.

Die rasseherrie wat by Laerskool Schweizer-Reneke ontstaan het nadat ’n gr. R-juffrou ’n foto op die eerste skooldag in ’n klaskamer geneem en op ’n WhatsApp-groep gedeel het, het die nuus die afgelope twee weke grotendeels oorheers.

Die drama het begin nadat ’n ouer woedend op die foto gereageer en dit versprei het omdat daar blanke kinders by ’n lang tafel in die middel van die klas sit terwyl vier swart kinders alleen by ’n ander tafel agter in die klas sit.

Die res is ou nuus. Organisasies en politieke partye het dadelik begin klippe gooi en aangeneem dat die klas volgens ras geskei is waarna betogers die skool bestorm het. Die onderwyser is in die open-baar skuldig bevind en geskors sonder dat enige aanvaarbare arbeidspraktyke skynbaar in ag geneem is.

’n Mens kan skaars glo dat ons in ’n land leef waar die oppergesag van die reg behoort te seëvier en waar iemand altyd onskuldig is voordat hy of sy deur ’n hof (of soortgelyke wetlike liggaam) skuldig bevind word.

Ongeag die agtergrond of omstandighede en of die leerkrag verkeerd opgetree het of nie — wat met dié onderwyser gebeur het, is uiters skokkend en kan op geen wyse goedgepraat word nie.

Die sosiale media het inderdaad groot krag en dalk is die één les wat alle werkende mense in ’n kooperatiewe werksomgewing uit die Schweizer-Reneke-debakel kan neem, dat dié krag nie onderskat moet word nie.

Baie duidelike riglyne oor die gebruik van onder meer selfone en die internet behoort in alle werksplekke te bestaan. Daar is min werkgewers wat sal toelaat dat werknemers deur die loop van ’n werksdag selfoonfoto’s in die werksplek neem en versprei, al is die bedoeling goed en suiwer. Die gevolge vir die werkgewer kan legio wees en dit skep boonop ’n uiters onprofessionele beeld.

Waar daar met kinders gewerk word, is die gevolge nog groter omdat die mediawet baie streng is oor die publisering van inligting en foto’s rakende kinders. ’n Mens wonder of skole bewus is van die bepalings van die mediawet wat kinders betref en die moontlike gevolge wat ’n oortreding van dié wet inhou?

Sosiale platforms (en dit sluit Whatsapp-groepe in) word deur die land se howe oor dieselfde kam geskeer as byvoorbeeld ’n koerant. Sodra iets in die openbare arena gepubliseer word, moet dit aan die land se mediawette voldoen.

Bêre die private selfone liefs weg by die werk. Gebruik dit net in uiterste noodgevalle. ’n Mens se werk is meer werd as ’n paar minute se gesels, ’n Whatsapp-boodskap of goed bedoelde foto.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button