BlogsOpinion

Digitale etiket is belangrik

Miskien is die kern van die probleem die feit dat daar ’n groot aantal digitale gebruikers is wat nie op die skoolbanke digitale etiket of reëls geleer is nie.

Skoolreëls leer leerders hoe ’n mens in die samelewing moet optree.

’n Samelewing sonder reëls en wette is eintlik ondenkbaar. ’n Groot aantal mense uit die Baby Boomer-generasie, wat ongeveer tussen 1950-1970 gebore is, het tydens die hippie-era probeer om sonder reëls te leef. Dit was ’n klaaglike mislukking. Hulle het duur lesse geleer en dieselfde groep het die mantel geswaai en besluit om hul wêreld deur reëls te organiseer. Die resultaat was ’n generasie wat ongelooflike sukses in onder meer die sakewêreld behaal het.

 

 

Waar Baby Boomers as’t ware die waarde van reëls herontdek het, lyk dit asof daar nou ’n generasie digitale gebruikers is wat verkies om alle reëls by die agterdeur uit te gooi.

Miskien is die kern van die probleem die feit dat daar ’n groot aantal digitale gebruikers is wat nie op die skoolbanke digitale etiket of reëls geleer is nie.

Die meeste leerders hanteer slimfone, tablette en rekenaars soos ’n derde arm, maar ongelukkig bly internetmaniere skynbaar agterweë en as volwassenes weet hulle dan nie hoe om in ’n digitale samelewing op te tree nie.

Digitale opvoeding behoort eintlik in die kurrikulum van byvoorbeeld die vak lewensoriëntering ingesluit te word.

Dit is egter nog nie die geval nie en daarom speel ouers die belangrikste rol om hul kinders oor die internet touwys te maak.

Volgens die opvoedkundige Wilmarie Pretorius behoort ouers die volgende digitale reëls en etiket, as’t ware saam met die ABC by hul kinders tuis te bring:

  • Leer kinders dat die digitale wêreld, net soos in die werklike lewe, bestaan uit goed én kwaad. Die internet is ’n onuitputlike bron van kennis, maar bied ook ’n skuilplek aan kuberkriminele en kuberboelies.
  • Kinders moet weet dat daar geen privaatheid op die internet bestaan nie. Enigiets wat op die internet gebeur, selfs al “like” ’n mens net ’n rassistiese of suggestiewe boodskap of prentjie, is dit in die openbaar bekend en kan nie verwyder word nie. Dit kan selfs hul toekomstige loopbane benadeel.
  • Hanteer alle internetgebruikers met respek — moet niks op die internet skryf wat ’n ander persoon benadeel of beledig nie.
  • Moenie vreemdelinge as Facebook-vriende aanvaar of op enige ander wyse met vreemdelinge op die internet kontak maak nie.
  • Bly by veilige webwerwe en moenie op vreemde advertensie en skakels klik nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button