BlogsOpinion

HOOFARTIKEL: Inwoners ‘wil nie meer stem’

In ’n tyd dat Suid-Afrikaners baie op sosiale media te sê het oor misdaad, staatskaping, wanbesteding, betogings en munisipale dienste is dit sorgwekkend dat net 1 827 uit 4 248 mense tydens ’n belangrike munisipale verkiesing hul kruisies gaan trek.

Hier in die tagtigs rond toe ek en my tydgenote oor die onderdeur begin loer het, het dinge effens anders as vandag gewerk.

Glo dit of nie, daardie tyd se ouers wou bepaald eerstens weet in watter kerk die outjie is en vir watter politieke party sy ouers stem.

Dankie tog daardie dae is verby. Die liefde is ingewikkeld genoeg. Boonop glo ek teenoorgesteldes trek mekaar aan, maar dít sou ek byvoorbeeld nou nie destyds sommer hardop vir my pa gesê het nie!

Tog is dit opvallend hoe ontstellend min mense deesdae in politiek belangstel.

Neem nou maar die tussenverkiesing wat pas in Wyk 9 in Bela-Bela gehou is.

Dié wyk sluit inwoners van Spa Park, Blaauwboschkuil, Renosterkloof en Vingerkraal in.

Dit was vir Die Pos opvallend hoe traag sekere politici was om inwoners van die omgewing op hoogte te bring van die implikasies van die vakante wyk en hoe dit die samestelling van die Bela-Bela munisipale raad raak. Die koerant moes herhaaldelik navrae aan partye rig om te vra wie hul kandidate is en wat hulle vir die inwoners van dié wyk beoog. Een party het enkele dae voor die verkiesing eers hul kandidaat se naam bekendgemaak.

Maar die traak-my-nie-agtigheid van die inwoners was nog erger. Volgens syfers van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ’n skamele kwart van die geregistreerde kiesers hul stemme uitgebring.

Boetie Maname van die ANC het op die ou einde dié wyk teruggeneem by die DA deur 48% stemme te trek teenoor Eddie Aschendorf van die DA se 45%. Die EFF het bloedneus gekry deur ’n rampspoe-dige 5% van die stemme te kry en Cope ’n nog meer rampspoedige 1%.

In ’n tyd dat Suid-Afrikaners baie op sosiale media te sê het oor misdaad, staatskaping, wanbesteding, betogings en munisipale dienste is dit sorgwekkend dat net 1 827 uit 4 248 mense tydens ’n belangrike munisipale verkiesing hul kruisies gaan trek. Altesame 29 kiesers wat die moeite gedoen het om te stem, se stembriewe was bedorwe.

Suid-Afrikaners is duidelik só ontnugter deur politici dat hulle nie eens die moeite wil doen om te gaan stem nie. Wat jammer is. Want hier op die platteland sien ’n mens nog soms hoe wykraadslede ure se ondankbare werk verrig en inwoners se enigste hoop op beter dienslewering geword het.

Related Articles

Back to top button