NewsSchoolsSport

Warrie rugbyspanne wys wie is baas

Die Warries se rugbyspanne het behoorlik hul staal gewys tydens die Limpopo-uitspeelwedstryde wat op Saterdag, 8 Junie by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong gehou is.

Vier van Hoërskool Warmbad se vyf rugbyspanne is as kampioene in afdeling-4 van die Limpopo-liga aangewys..

Die Warries het kragte gemeet teen Hoërskool Eric Louw van Musina.

Hoërskool Warmbad se o.14’s het hul kragmeting met 20-10 gewen, die o.15-span moes egter die knie buig teen Eric Louw en verloor die wedstryd met 16-7.

Warmbad se o.16 span kon in ’n naelskraap stryd ’n oorwinning smaak van 10-0 en die tweede span kon ook die knoop deurhaak met hul oorwinning van 12-5 teenoor die span van Musina.

Die Warries se eerstespan het egter in ’n begeesterde wedstryd, ’n allemintige oorwinning van 64-0 teenoor Eric Louw se eerstespan behaal.

Al die wenspanne van Hoërskool Warmbad tree dan uit die stryd as Limpopo-liga afdeling-4-kampioene.

Related Articles

Back to top button