Schools

Hoërskool Warmbad verklaar oorlog teen morsjorse

Die personeel en leerders van Hoërskool Warmbad het ’n projek geloods om rommel strooi hok te slaan. Rommel strooi raak ’n al hoe groter probleem en die Warrie-leerders het nou genoeg gehad en wil die probleem nou met alle mag en krag bestry.

Elna Groothof (onderwyser) staan aan die stuur van dié projek en het die volgende te sê gehad:

“By Hoërskool Warmbad probeer ons om ’n afgeronde jongmens die wêreld in te stuur. Akademie en sport kan jou net so ver vat, maar morele standaarde en waardes is wat van jou ’n sukses maak.”

Die hoofmeisie van 2024, Karli Brooker, het bygevoeg dat dit lekker is om skool te gaan waar dit skoon en netjies is. Die leerders is baie opgewonde oor hierdie projek en almal is bereid om betrokke te raak. Daar word gehoop dat hierdie projek ’n blywende kultuur van verantwoordelikheid by die skool sal skep.

Angelique van Jaarsveld, Chanell Maidment, Jeanette Strauss en Amore van der Merwe is oorgehaal om rommel nie langer op die skoolterrein te duld nie.
Nadia Swartz, Oratile Banda, Kgothatso Masalesa en Amogelang Papo is deel van die projek.

Related Articles

Back to top button