Schools

Laerskool Warmbad se nuut verkose beheerliggaam

Laerskool Warmbad se nuutverkose beheerliggaam is Woensdag, 13 Maart bekendgestel, nadat die ouers en onderwysers op 4 Maart vir die nuwe beheerliggaam gestem het. Hul sal vir die volgende vier jaar die toon aangee by die skool.

LJ Janse van Nieuwenhuizen, is aangewys as voorsitter en Jani van Rooyen as ondervoorsitter, sy behartig ook kommunikasie, personeel- en leerderwelstand.

Die onderwysers wat op die beheerliggaam sal dien is soos volg: Theron Brand (hoof/ personeelaangeleenthede), Liezel Nortjé (kultuur), Liezel Grobler (adjunkhoof/dissipline/leerderaangeleenthede), Tessa Roux (sport), Marjoleyn Labuschagne (sekretaresse/akademie).

Liezel Grobler (adjunkhoof), portefeulje: dissipline/leerder-aangeleenthede.
LJ Janse van Niewenhuizen (ouer), beheerliggaamvoorsitter.
Jani van Rooyen (ouer) ondervoorsitter, portefeulje: kommunikasie, personeel – en leerderwelstand.
Tessa Roux (onderwyser), portefeulje: sport.
Marjoleyn Labuschagne (admin), sekretaresse en portefeulje: akademie.
Liezel Nortjé (onderwyser), portefeulje: kultuur.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button