Schools

Edré neem die kunswêreld op horings

In Bela-Bela woon daar ’n volgende generasie Rembrandt of is dit ons eie groot meester Pierneef?

Edré de Jager (11), ’n student by Domus Artiz-kunsateljee en ’n gr. 4-leerder van Laerskool Warmbad, het die kunswêreld stom met sy buitengewone talente en passie vir kuns. Verseker ’n kunstenaar om dop te hou.

Verlede jaar het Edré, aan vier belangrike kompetisies deelgeneem en telkens uitgeblink.By die Tshwane Arts Youth Festival in April 2023 by die Staatsteater in Pretoria, het Edré met ’n potloodskets van ’n Zebra ’n A++, verwerf, met spesiale vermelding in sy kommentaar van die beoordelaars dat sy kunswerk ver bo die van sy ouderdomsgroep is.

In die volgende kompetisie wat die Warries-Got-Talent-kompetisie was, is hy aangewys as graadwenner en het hoogste lof ontvang.

By die Bosveld-interlaerkunskompetisie het hy ‘n A++ toekenning in sy ouderdomsgroep verwerf, terwyl hy by die Waterberg Afrikaanse Kunstefees die hoogste lof toekenning gekry het vir een van sy kunswerke.

Die hoogtepunt was toe hy by die United Nations ( UN) -kunskompetisie in Maart, ’n derde plek verower het. Die kompetisie, gerig op die bevordering van wildbewaring wêreldwyd, het Edré se kreatiwiteit en bewustheid van sosiale kwessies beklemtoon.

Edré is ’n positiewe jong kunstenaar wat lief is vir speel saam met sy maats, maar sy kreatiewe talente, deursettingsvermoë en goeie gesindheid maak hom ’n inspirasie vir sy medestudente.

Related Articles

Back to top button