Schools

Nuwe beheerliggaam verkies by Nylies

Volgens wetgewing moet alle openbare skole ’n beheerliggaam verkiesing hou voor einde Maart om hul onderskeie skole tot en met 2027 te bestuur. Hoërskool Nylstroom in Modimolle het hul nuwe beheerliggaam op Maandag, 11 Maart verkies. Hulle sal dus aan die stuur staan en op die beheerliggaam dien tot in 2027. Marius Broodryk, ’n plaaslike …

Volgens wetgewing moet alle openbare skole ’n beheerliggaam verkiesing hou voor einde Maart om hul onderskeie skole tot en met 2027 te bestuur.

Hoërskool Nylstroom in Modimolle het hul nuwe beheerliggaam op Maandag, 11 Maart verkies. Hulle sal dus aan die stuur staan en op die beheerliggaam dien tot in 2027.

Links na regs: Marius Broodryk is verkies as voorsitter, Franna van Zyl sal as ondervoorsitter diens doen, Rico Honeycomb is verkies as tesourier en sal die skool se finansies in samewerking met die hoof bestuur en Jolandi Campher is verkies as die sekretaresse.

Marius Broodryk, ’n plaaslike rekenmeester, is as voorsitter verkies met Franna van Zyl, ’n sakeman as ondervoorsitter. Rico Honeycomb dien as tesourier en Jolandi Campher is die sekretaresse.

Die ander lede is Antonio Countinho, Adriaan du Plessis, Lizette Enslin, Martiens Joubert, Bertus Roos en Marike van der Merwe.

Die personeelverteenwoordigers is die skoolhoof, Anton du Plessis, Andrie Cronje, Isak Enslin en Alida van Heerden. Die leerlingverteenwoordigers is Lorinda Broodryk, Martiens Joubert, David Molaphela en Pieter van Heerden.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button