Schools

Euphorbia CO-skool redenaarsuitdunne

Die Euphorbia CO-skool in Mookgophong het hul interne redenaarsuitdunne op Dinsdag, 12 Maart aangebied. Hierdie uitdunne is ’n belangrike geleentheid vir die skool se leerders om hul retoriese vaardighede te wys en om hulself as potensiële sprekers van die toekoms, te vestig.

In die juniorafdeling het Ruh Botha, Ruhann Botha en Miane Loots deurgedring. In die intermediêre afdeling het Willem Botha, Cara van Emmenes en Erindi van Aswegen hul plek in die ATKV-ronde bespreek. Stiaan Pretorius, Lumé Venter en Mary-Jane Rabie het in die seniorafdeling deurgedring na die ATKV-kompetisie.

Die leerders het met ’n onwrikbare selfvertroue en begrip van die onderwerpe hul toesprake gelewer. Hul deelname in die ATKV-kompetisie sal ’n bewys wees van vaardigheid, toewyding en passie.

Ruh Botha, Ruhann Botha en Miane Loots, in die juniorafdeling dring deur na die volgende ronde.
Die intermediêre afdeling se finaliste is Willem Botha, Cara van Emmenes en Erindi van Aswegen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button