Schools

Warrieloop altyd ’n pluspunt

Die Pos het met die inwoners van Bela-Bela gesels wat deelgeneem het aan Hoërskool Warmbad se Warrieloop op Woensdag, 28 Februarie om te hoor wat hul die meeste geniet het van dié gemeenskapsprojek.

Talisha Roos.

Talisha Roos (oud-leerder van Hoërskool Warmbad):
Die gemeenskap is deel van die Warrie-familie. Dit is lekker dat almal so vrolik is en hulself geniet.

Gizeldé Strauss.

Gizeldé Strauss (getroue Warrie-ondersteuner):
Ek geniet die lekker gees (vibes) van die deelnemers. Almal lag en is gesellig.

Kyla Janse van Rensburg.

Kyla Janse van Rensburg (gr. 12-leerder):
Dit is lekker dat almal op ons skoolterrein byeenkom en ons projekte ondersteun.

Dilano Botha.

Dilano Botha (Warrie-ondersteuner):
My familie en vriende is almal vanaand hier bymekaar en geniet hulself gate uit. Lekker om die tyd saam met ou bekendes van die dorp te deel.

Tanya Hattingh.

Tanya Hattingh (besoeker van Mabalingwe):
It brings the community together. It’s my first time participating in the Warrieloop and it’s great to see the community coming together and that everyone is enjoying themselves.

Dawie de Jager.

Dawie de Jager (oud-leerder en Kwagga-rugbyspeler):
Ek geniet die samekoms van die dorp se mense en dat die gemeenskap kan sien ons kan saamwerk. Dit is ’n voorreg om steeds deel van die Warries se aktiwiteite te wees.

Related Articles

Back to top button