Schools

Ywerige groentjies is gereed vir die hoërskool

Die Pos het gaan inloer by Hoërskool Warmbad op Woensdag 17 Januarie om met ’n paar van die nuwelinge te gesels.

Hoewel daar ’n gevoel van opgewondenheid geheers het kon jy ook die huiwering van party leerders aanvoel. Hulle is egter gou op hul gemak gestel deur die skool se uitvoerende komitee en het daarna ywerig oor die aanvang van hul hoërskoolloopbaan uitgebrei.

Chamonique Maritz: “Ek sien die meeste daarna uit om goed te doen in my akademie, sodat ek na ’n goeie universiteit kan gaan. Ek sien ook daarna uit om aan nuwe sportsoorte deel te neem en ook by die kultuur betrokke te raak.”
Vino Le Roux: “Ek wil graag my akademie hoog hou en is opgewonde oor die landbouvakke wat nou aangebied word. Ek kan nie wag om hierdie jaar sokker te speel nie en gaan beslis by die dramagroep aansluit.”
Lehlogonolo Fernandez: “I am excited to meet new friends and introduce them to my existing friends. I look forward to meeting our new educators and to being part of the Warrie culture.”
Jean Claude Jacobs: “Ek is baie opgewonde dat die skool landbou as vakrigting gaan inbring en ek sien baie daarna uit om aan die drama deel te neem.”
Owame Maodi: “I am very excited to meet my new educators and make new friends. I am excited to become the best version of myself.”
Kea Masemola: “I am especially excited to join the hockey team and to meet new friends. I also love our uniform and am proud to wear it.”
Marshall Medlar: It is an exciting time in my life and I would love to try out new sports disciplines and maybe join the drama club.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button