Schools

Warries 2023-matrieks skitter helder

Die vreugdevure het hoog gebrand toe die matrieks van Hoërskool Warmbad op Vrydag, 19 Januarie hul goeie matriekuitslae ontvang het.

Die skool se hoof, Louis Cilliers, het beklemtoon dat alhoewel die mikpunt altyd 100% is, die aansienlike verbetering van die vorige slaagsyfer van 66% wat in Junie behaal is na die 96,6% van die eindeksamen, ’n bewys is van harde werk deur beide onderwysers en leerders.

Verskeie vakke het ’n 100% slaagsyfer behaal, insluitend Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, wiskundige geletterdheid, tegniese wiskunde, lewensoriëntering, tegniese wetenskap, rekenaar-toepassingstegnologie (RTT), verbruikerstudies, toerisme, siviele tegnologie, elektriese tegnologie en ingenieurs en grafiese ontwerp (IGO).

Isabel Schoeman (hoofdogter van 2023) verwerf vyf onderskeidings.

Onder die uitblinkers is William Nicolson-Geyer, wat met ’n indrukwekkende gemiddeld van 86,14% geslaag en ses onderskeidings behaal het. Hy het 78% gekry vir Engels Eerste Addisonele Taal.

Christiaan Jooste is nog ’n Warrie-slimkop wat ook ses onderskeidings en ’n gemiddeld van 85% behaal, terwyl Jan-Paul Smith en Isabel Schoeman elk vyf onderskeidings verwerf het, met gemiddelde van 85,29% en 81,43% onderskeidelik. Hanto Janse Van Rensburg het vier onderskeidings en ’n gemiddeld van 78.57% behaal.

Christiaan Jooste slaag met ’n gemiddeld van 85 % en ses onderskeidings wat Engels Eerste Addisionele Taal, Afrikaans Huistaal, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskap en fisiese wetenskap insluit.

Die Pos het met van die toppresteerders gesels oor hulle toekomsplanne en die raad wat hulle vir graad 8-leerders het. Christiaan Jooste sê hy sien uit daarna om aan ’n universiteit te studeer, nuwe vaardighede te leer en sy deelname in aktiwiteite uit te brei. Hy raai graad 8-leerders aan om ’n balans te handhaaf en aan alle skoolaktiwiteite deel te neem. Isabel Schoeman se raad is om jouself nie te onderskat nie en om bewus te wees van jou potensiaal.

Jan-Paul Smith behaal vyf onderskeidings en ’n gemiddeld van 85.29 %.
Hanto Janse Van Rensburg slaag met ’n gemiddeld van 78.57 % en vier onderskeidings.

Die hoof se boodskap aan die 2023-matriekgroep is om die kennis en vaardighede wat hul by die skool geleer het te gebruik, volgens hul waardes te leef en hul beste te gee in alle le-
wensaspekte. Hy is vasbeslote om ’n 100% slaagsyfer in 2024 te bereik en moedig die nuwe matriekgroep aan om positief te wees, hul eie verwagtinge te oortref en in hulself te glo. Cilliers benadruk ook die belang van respek in die onderwyser-ouer-kind-verhouding.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button