Schools

Potties matrieks raap onderskeidings op

Ons toekoms wink! Die matrieks van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane het Vrydag 19 Januarie ’n sug van verligting geslaak oor hul matriekuitslae.

Die skool se toppresteerder is Marisa Meyer wat ses onderskeidings behaal het in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, lewensoriëtering, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskap en fisiese wetenskap. Haar gemiddeld was 84,71%.

Jan van der Baan het vyf onderskeidings.

Jan van der Baan het vyf onderskeidings verwerf in wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskap en fisiese wetenskap. Sy gemiddeld was 82,57%. Jan beplan om vir ’n BSc Mediese Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria te studeer.

Yuasayrah Cassim het self vyf onderskeidings behaal.

Yusayrah Cassim het ook vyf onderskeidings in die sak gedruk in wiskunde, Engels Huistaal, geografie, lewenswetenskap en fisiese wetenskap. Haar gemiddeld was 82,43%.

Sophia Chokwe se gemiddeld was 81,7% en sy behaal vier A-simbole.

Sophia Chokwe het vier onderskeidings behaal in wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde en lewenswetenskap. Haar gemiddeld was 81,71%.

Jaco le Roux spog met vier A-simbole en gaan vanjaar aan die NWU studeer.

Jaco le Roux spog ook met vier onderskeidings in Engels Eerste Addisionele Taal, lewensoriëntering, rekeningkunde en rekenaartoepassingstegnologie. Sy gemiddeld was 81,14%. Hy beplan om forensiese rekeningkunde aan die Universiteit van Noordwes (NWU) te studeer.

Ruben van Tonder is baie bly oor die vier A’s wat hy behaal het. Hy is op pad na die Universiteit van Pretoria om hom as dokter te bekwaam.

Ruben van Tonder het vier onderskeidings in die vakke Engels Eerste Addisionele Taal, lewensoriëntering, wiskunde en rekenaartoepassingstegnologie. Sy gemiddeld was 80,43%. Ruben wil graag ’n dokter word en gaan fisiologie aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Jeandre Strydom, die hoofseun van 2023 het ook vier onderskeidings behaal.

Jeandre Strydom, hoofseun van 2023, het vier onderskeidings behaal in wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde en besigheidstudies. Sy gemiddeld was 79,57%. Hy gaan onderwys studeer aan die NWU en hoop om professioneel krieket te kan speel.

Die skool het ’n slaagsyfer van 89,1% behaal met 46,76% van hul leerders wat universiteitsvrystelling het en 30% wat toegang het tot verdere diploma studies. Die groep leerders het altesaam sestig A-simbole ingesamel, 105 B-simbole en 208 C-simbole. Die vakke waarin die leerders 100% slaagsyfers behaal het,was Sepedi Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, lewensoriëntering, gasvryheidstudies en visuele kuns.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button