Schools

’n Nuwe begin vir gr. 1’s

Laerskool Warmbad het op Woensdag 17 Januarie met groot opgewondenheid hul nuwe graad 1’s verwelkom. Die kinders het met gemengde gevoelens, daar was baie opwinding, maar ook hier en daar ’n traan, die nuwe avontuur begin. Die skool was gevul met kinderlike vreugde en energie, en daar was ’n gevoel van opwinding in die lug.

Ondanks die paar huilgesiggies is een ding duidelik: hierdie graad 1-leerders is gereed om hulle laerskoolloopbaan te begin. Hulle sien uit om nuwe maatjies te maak en ’n hele nuwe wêreld van kennis te ontdek. Laerskool Warmbad kan trots wees op dié groep leerders wat gereed is vir die uitdagings wat voorlê.

Mag hierdie nuwe begin vir hulle vol vreugdes, leer en vriendskap wees.

Boikanyo Khunou gives an exuberant high five to his dad, Thabanbg Khunou and declares that he is ready to start his first day at school.
Melizza Very saam met haar mamma Debbie Very, lyk maar effens skepties oor graad 1.
Uthmaan Hassim and his mom, Nazranah Hassim. He refused to hold his mom’s hand, because he is a big boy now.

Related Articles

Back to top button