Schools

Eerste dag by skool vol trane en vreugde

Laat die skool begin!

Ané Schlemmer is reg om haar graad 1-jaar aan te pak. Die onsekerheid in die groot nuwe skool het nie lank gehou nie en sy het mamma Marchelle du Preez met ’n glimlag gegroet.
Mmathapelo en Palesa Modise is reg om die graad 1-jaar met groot ywer aan te pak!
Janneke Frick se eerste skooldag het seepglad weggespring by Laerskool Nylstroom. Sy het haar ouers Jeanne en Roland Frick met ’n groot glimlag gegroet.
Wian de Beer wens die vakansie kon nog net so bietjie langer aanhou. Daar is so baie nuwe dinge by die groot skool! Sy ouers Jacques en Hannelie de Beer het hom in die ervare hande van Juffrou Retha Vermaak by Laerskool Nylstroom gelaat. Kort voor lank droom Wian van eerstespan rugby speel!

Related Articles

Back to top button