Schools

Matriekresultate: Waterberg CVO se matrieks spog met 100% slaagsyfer

Vir Dian Nel, Roedolf Schoeman, Mia Bosch, Lee-Ann Ellis en Zelmia Smit van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle is hul skoolloopbaan nou iets van die verlede.

Die vreugdevure het gister sommer hoog gebrand nadat dié vyf matriekleerders die nuus gekry het dat hulle met ’n 100% slaagsyfer spog en altesaam vyf onderskeidings in die sak gedruk het.

Zelmia Smit het 93% vir ingenieursgrafika- en ontwerp behaal. Sy is uitgenooi na die BCVO-skole se glansgeleentheid wat Saterdag, 20 Januarie by die Voortrekkermonument in Pretoria plaasvind.

Die matrikulante van die skool het hul uitslae op Woensdag, 17 Januarie gekry omdat die CVO-skole die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) eksamen geskryf het..

Die skoolhoof, Rudie Fourie, het die leerders geluk gewens met hul 100% slaagsyfer. “Alle dank aan ons Hemelse Vader en die onderwysers wat hulle gelei het van gr. 1 tot in hul matriekjaar.”

Volgens die skool het die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) ’n algehele slaagsyfer van 98,46% in die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens behaal. Die IEB-slaagsyfer is effens hoër as die 2022 NSS-slaagsyfer van 98,42%.

Daar het 88,59% van die leerders wat hierdie eksamen geskryf het, toelating tot graadstudies behaal, vergeleke met die 89,32% in 2022. Die getal leerders wat kwalifiseer vir toelating tot diplomastudie het van 7,52% in 2022 tot 8,31% toegeneem, terwyl die getal van diegene wat toelating tot studie op die Hoër Sertifikaat-vlak behaal het op 1,57% bly.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button