Schools

HPP wys hul leerders kan spel

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) in Mokopane is breëbors oor hul leerders wat aan die Sanlam WOW-spelfees deelgeneem het.

Die finale ronde is op Saterdag 7 Oktober by die Universiteit van Stellenbosch gehou. Dit is die grootste spelfees in die land en leerders van al die provinsies het hul spelvernuf ten toon gestel.

Mahlogonolo Modiba het ’n eerste plek verower en Mathabo Phalane was vierde in die afdeling vir gr. 8-leerders. Koketso Mpahlele was tweede in die gr. 9-afdeling en Jhemma Forsman het die agtste plek in die gr. 10-afdeling behaal.

Related Articles

Back to top button