Schools

Hekelwoorde betower gehoor

Die pragtige ma’s en dogters van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong is vanjaar weer heerlik bederf tydens die jaarlikse Ma-en-dogter-aand wat op Woensdag 30 Augustus by die skool gehou is.

Die geleentheid is ’n hoogtepunt op die sosiale kalender en soos in die verlede is daar nie teleurgestel nie. Die gasspreker was die skrywer en digter Tania Smit wat bekend is vir haar Facebookblad met die titel “Hekelwoorde” waaruit twee uiters suksesvolle boeke gevloei het. Smit het van haar sketse voorgelees en die gehoor betower met haar raak beskrywings. Sy is ’n oudleerder van Hoërskool Pietersburg en het die week ook daar opgetree.

Die meisies op die verteenwoordigende leerderraad (VLR) kry jaarliks geleentheid om die Ma-en-dogter aand te organiseer en hul beste voetjie voor te sit.

Die sowat 200 vroue was fyn uitgevat en die tafels was vrolik gedek met lenteblomme en keurige eetgoed. Die VLR-meisies het self die tafels gedek en elkeen kon hul eie tema bepaal. Hanri de Jager, onderwyser en hoof van kutuuraktiwiteite by dié skool, was die sameroeper en het na afloop gesê dit bly ’n voorreg om saam met die Hansie-leerders ’n projek aan te pak.

“Die aand was ’n reusesukses en ek wil graag al ons borge bedank vir die eetgoed en die pryse wat hulle geskenk het,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button