Schools

Lank lewe Afrikaans!

Taaldag word jaarliks landswyd op 14 Augustus gevier omdat die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op dié dag in 1875 in die Paarl in die Wes-Kaap gestig is. Die lede van hierdie vereniging het hulle beywer om Afrikaans as skryftaal gevestig te kry en in die proses het die eerste Afrikaanse koerant, “Die Afrikaanse Patriot”, …

Taaldag word jaarliks landswyd op 14 Augustus gevier omdat die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op dié dag in 1875 in die Paarl in die Wes-Kaap gestig is.

Die lede van hierdie vereniging het hulle beywer om Afrikaans as skryftaal gevestig te kry en in die proses het die eerste Afrikaanse koerant, “Die Afrikaanse Patriot”, ontstaan en so ook die eerste Afrikaanse skool. Die eerste Afrikaanse boeke en kinderboeke het daarna verskyn en dele van die Bybel is in Afrikaans vertaal.

Daarmee het hulle bewys dat Afrikaans nie net ’n spreektaal is nie, maar ’n volwaardige skryftaal. Deur die jare is daar voortgebou op hierdie pionierswerk en het Afrikaans ’n volwaardige bestaansplek op alle terreine verwerf. Die staanplek van Afrikaans is vandag steeds aktueel.

Marnu Kleinhans verbeel hom hy is die strokiesprentkarakter Agent Snoet tydens die Waterbergskool vir CVO se viering van Afrikaanse Taaldag op Maandag 14 Augustus.

“Waterbergskool vir CVO vier jaarliks Taaldag saam met talle Afrikaanse organisasies en skole. Daar word nie net teruggekyk na taalstryders, skrywers en digters van ouds nie, maar ook na die moderne seggingskrag van Afrikaans en ons liefde vir ons taal word gevier,” het Mentha Kriel, die skool se Afrikaanse onderwyser, gesê.

Miekie Voges vier Taaldag as een van die herkenbaarste Afrikaanse storiekarakters: Liewe Heksie.

Die skool het vanjaar onder meer ’n Afrikaanse karakter- en idiomedag gehou waarin karakters uit Afrikaanse boeke en Afrikaanse idiome op humoristiese wyse voorgestel kon word.

“Die skool het aanstaande jaar ’n dubbele viering, want op 27 Augustus word die 90-jarige vertaling van die Bybel in Afrikaans landwyd gevier en die skool sal ook hieraan meedoen,” het Kriel gesê.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button