Schools

HPP-toneelspelers pronk op die verhoog

Hoërskool Piet Potgieter se toneelspelers het op Saterdag 3 Augustus aan die Pronk Podium-kompetisie by Hoërskool Die Wilgers in Pretoria deelgeneem en verskeie toekennings verower.

Die spelers het die toneel Bitterfontein opgevoer wat afspeel tydens die Anglo Boere-oorlog. Die mans is op kommando en die vroue en kinders is alleen op die plase. Die leerders wat agter die verhoog gewerk het, het weggestap met ’n silwer toekenning vir beligting, kostuums, klank, klankontwerp en stelontwerp.

Carmi Schoeman het ’n brons toekenning gekry vir haar puik spel in die Bitterfontein-opvoering in Pretoria.

Carmi Schoeman het ’n brons toekenning gewen vir haar toneelspel en Amy van Deventer en Ivan Droskie het ook brons verwerf as regisseurs.

Vir ensemble, plakaatontwerp en verhoogbestuur het dié skool se leerders ook ’n derde plek verower.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button