Home/News/Schools/Boekevat en kekkelbekke Schools Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. August 13, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Lianke Grové, ’n gr. 5-leerder aan Laerskool Nylstroom, het onlangs deelgeneem aan die Eugène N. Marais- kultuurfees in Mookgophong en het uitstekend gevaar. Sy het 85% vir formele poësie, 87% vir redenaars, 90% vir gedramatiseerde poësie en 90% vir Bybelprosa gekry. Dominique Blignaut, ’n gr. 7-leerder aan Laerskool Nylstroom het 80% ontvang vir bladlees prosa en 85% vir redenaars tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees. Die streek se topleerders het hieraan deelgeneem. Gabriëlle Bruyns, in gr. 5, het 85% ontvang in die redenaars-kategorie tydens die onlangse Eugène N. Marais-kultuurfees. Lex Bruyns, ’n gr. 1-leerder aan Laerskool Nylstroom, het 90% behaal in die redenaars-kategorie tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees in Mookgophong. Lumé van Staden (gr. 4) het 80% ontvang in die redenaars-kategorie tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees. August 13, 2023 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print