Schools

Piet Pot se leerders spel reg

Leerders van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane het op Vrydag 21 Julie aan die WOW-spelkompetisie se provinsiale uitdunne deelgeneem en gewys hulle kán spel.

Die uitdunne is by Hoërskool Piet Potgieter gehou en laer- en hoërskole van regoor Limpopo het dit bygewoon.

Gabby Williams (gr. 8), Charissa Janse van Vuuren (gr. 9) en Jhemma Forssman (gr.10) was die wenners in hul grade in die Afrikaanse spelafdeling. Rentia Visser (gr. 8) en Lefa Rammuthla (gr.10) het ’n tweede plek behaal. In die Engelse-spelafdeling het Mahlogonolo Modiba (gr. 8) en Koketse Mphalane (gr. 9) eerste in hul graad geëindig. Mathoba Phahlane (gr. 8) was derde.

Leerders wat onder die topdrie was, gaan deur na die Nasionale Spelfees wat in Oktober by die Universiteit van Stellenbosch gehou word.

Joekie Lessing (onder saam met die leerders op die foto’s), was die organiseerder.

Charissa Janse van Vuuren (gr. 9).
Gabby Williams (gr. 8).
Koketse Mphalane (gr. 9.)
Jhemma Forssman (gr. 10).

Related Articles

Back to top button