Schools

Nylie-slimmes aangewys

Uitgesoekte leerders van Laerskool Nylstroom is beloon vir hul harde werk.

La-Nika Viljoen, Jacomien de Jager en Spencer Matthysen is die toppresteerders van al die gr. 6’e gedurende die tweede kwartaal. La-Nika glo ’n mens pluk die vrugte van harde werk en Jacomien glo ’n mens moet vasbyt al is jy nie lus vir leer nie.
Ruben Lourens, Danelle Roos en Johan van Zyl was die toppresteerders in gr. 7. Ruben sê hy moes soms laat werk om al die werk af te handel, maar dit is die moeite werd om hard te werk.
Die gr. 5-leerders van Laerskool Nylstroom met die hoogste gemiddelde persentasie in die tweede kwartaal is Carla Erasmus, Nicola van Zyl en Lize van der Walt (afwesig). Carla sê sy speel nie in die klas nie en vra haar ma om haar vrae te vra as sy klaar geleer het. Nicola sê harde werk is haar geheim, asook oefen-vraestelle van die internet af.

Related Articles

Back to top button