Schools

Matrieks skitter by vroeë afskeid

Die matriekklas van 2023, wat onderrig deur die Volle Evangelie Kerk se tuisonderrig-sentrum in Modimolle ontvang, het op Saterdag 1 Julie in die kerksaal matriekafskeid gehou.

Die klein groepie matriekleerders het die rooi tapyt in hul spoguitrustings betree.

Mica Snyders en SP Van Der Merwe is aangewys as die mooiste matriekpaartjie.
Shane Berry was uitgevat in ’n tradisionele swart uitrusting. Sy rooi das en kruisbande het dadelik die oog gevang. Cassedy van Dyk was sy metgesel en het ’n sagte pienk rok gedra met kristaldetail op die bostuk van die sagte romp.
Willie Lloyd het sy lyf cowboy gehou toe hy met ’n windmakerige cowboyhoed op die rooi tapyt verskyn het.
Veruskha Otto het pragtig gelyk in haar polkadot rooirok tydens die matriekafskeid. Haar deftige metgesel was JJ Barnard.
Jo Anne du Plessis, in ’n elegante skepping met tydlose ontwerp, het saam met haar metgesel, Waldo Schoeman, soos modelle uit ’n modetydskrif geposeer.
Marlize Posthumus het ’n sagte, silwergrys uitrusting gedra. Haar metgesel, Johandre Posthumus, het klassieke swart gedra met ’n byderwetse gordel.

Related Articles

Back to top button