Schools

Piet Potgieter hou ‘bloubloed-wynveiling’

Uitgevat in hul mooiste en blinkste vere het die “koninklikes” van Mokopane verlede Vrydagaand 2 Junie skouers geskuur tydens Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se jaarlikse wynveling.

Dié spoggeleentheid met die tema Koninklikes is vanjaar vir die 10de keer in die Pierneefsaal van die skool gehou. Die eerste veiling is in 2012 in samewerking met Paarl Gimnasium aangebied toe die skool sy 75ste verjaardag gevier het. HPP het in 2016 begin om die veiling alleen aan te bied.

Vanjaar is ’n bottel van 750 ml Tokara Potstill XO-brandewyn vir ’n allermintige R10 000 opgeveil en ’n Doolhof Bloedklip Malbec 2018 (ook 750 ml) is vir R7 000 van die hand gesit.

Leon en Cherise Muller het die aand saam geniet.
Hoe rooier hoe mooier. Rolandi en Eduard Nel lyk spoggerig. Foto’s HPP

Lot 68, ’n KWV Imoya Cognac, is ook vir R7 000 verkoop en ’n KWV 20 jaar-oue brandewyn vir R6 000.

Wyne van regoor die land, asook brandewyne en selfs rum vanuit Australië en jenewer al die pad van Nederland was onder die hamer. Die gaste, is getrakteer op fynproewerdisse wat deur die Limpopo Chefs Academy voorberei is.

Die topwyne en ander dranke is netjies uitgestal.
Die gaste is bederf met bobaas-geregte.

Related Articles

Back to top button