Schools

Hoërskool Nylstroom kies hul sterre

Hoërskool Nylstroom se groot glansaand is verlede week gehou met die deelnemers aan die Mnr. en Mej Nylie-kompetisie wat hul slag op die loopplank gewys het.

Met dié jaarlikse kompetisie, wat verlede jaar vir die eerste keer geloods is, word leerders gekies wat ambassadeurs van die skool is en die Nylie-gees verteenwoordig.

Reeds voor die gala-aand begin die deelnemers punte opstapel deur onderhoude met die beoordelaars te hê. ’n Fotosessie is ook gehou waarna hul foto’s op sosiale media geplaas is sodat die publiek kan stem. Hulle het ook die loopplank voor ’n gehoor aangedurf in denimdrag.

Die finaliste het op Donderdag 25 Mei hul slag gewys tydens die gala-aand in die skoolsaal.

Gideon Joubert (eerste prins), Kgethego Matlou (Mnr. Nylie Junior) en Peet Snyman (tweede prins).
Wiehan Fouché (tweede prins), Pieter van Heerden (Mnr. Nylie Senior) en Martiens Joubert (eerste prins).
Charity Manganye op die loopplank.
Mine Botha (tweede prinses), Anri Briel (Mej. Nylie Junior) en Kara van der Merwe (eerste prinses).
Mieke Mienie (tweede prinses), Anri Loots (Mej. Nylie Senior) en Liliana Goncalves (eerste prinses).

Daar was twee afdelings. In die eerste kon die deelnemers aantrek volgens die letters H, S of N. Dit het vir groot pret gesorg met kreatiewe uitrustings soos “Hot Sauce” wat soos ’n Tabasco-sousbotteltjie gelyk het, karate-manne, ruimte-reisigers, vlootmanne, ’n Indiese danser, ’n heks en daar het selfs ’n Engelse bulhond sy baas op die loopplank vergesel.

In die tweede afdeling het die jong klomp behoorlik die asems weggeslaan in hul swierige aanddrag en fyntjies getrap in hul hoëhakskoene.

Dwaye Badenhorst en Tehilah Feldman is aangewys as Mnr. en Mej. Fotogenies. Wihan Fouché en Madia van Jaarsveld het die meeste stemme verwerf in die sosiale afdeling en SG Prinsloo en Mizaan van Jaarsveld is gekroon as Mnr. en Mej. Oorspronklikheid.

Kgethego Matlou is gekroon as Mnr. Nylie Junior (gr. 8 en 9) en Gideon Joubert as die eerste prins en Peet Snyman as die tweede prins. Anri Briel is gekroon as Mej. Nylie Junior met Kara van der Merwe as eerste prinses en Mine Botha as tweede prinses.

In die afdeling vir leerders in gr. 10 en 11 is Pieter van Heerden gekroon as Mnr. Nylie Senior met Martiens Joubert as eerste prins en Wiehan Fouché as tweede prins. Anri Loots is gekroon as Mej. Nylie Senior, Liliana Goncalves as eerste prinses en Mieke Mienie as tweede prinses.

Charity Manganye, wat gekroon is as Mej. Nylie Matriek, het die toeskouers bekoor met haar rok in ’n sagte pienk. SG Prinsloo is gekroon as Mnr. Nylie Matriek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button