Schools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Leerders van die Academia Private School in Bela-Bela het op Dinsdag 16 Mei die voorreg gehad om op ’n uitreikaksie na die Plastic View-nedersetting in Moreleta Park in Pretoria te gaan. Leerders en personeel het ’n poppekas aangebied by ’n kleuterskool in die nedersetting. Daarna het die groep huise besoek en inwoners met die Evangelie bedien. Chrisna van der Walt, skoolhoof, sê die blootstelling gee leerders ’n idee van die bediening as beroep.

Die redenaars van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het hul tydens die eerste ronde van die ATKV-redenaarsuitdunne goed van hul taak gekwyt. Die leerders wat deurdring het na die Limpopo-finaleronde is Willem Botha, Mia Botha en Michiel Genis. Agter staan Mila Oosthuizen en Chloe Viljoen.
Willem Botha van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Vrydag 12 Mei aan die ATKV-semifinaal redenaarskompetisie by Hoërskool Hans Strijdom deelgeneem. Hy was algeheel tweede in sy ouderdomsgroep en het deurgedring na die finaal wat in Augustus by die ATKV Goudini Spa in die Wes-Kaap gehou word.

Hoërskool Warmbad is very proud of Pona Molekwa who performed well during the ATKV orator’s semi-final competition on Friday 12 May at Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong. Pona was amongst the top 10 in her category of Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Hoërskool Warmbad is trots op Isabel Schoeman (bo) en Izandri Strachen (onder) wat op Vrydag 19 Mei goed presteer het in Op die Tong af-redenaars se aanlynkompetisie. Isabel het 89% en Izandri 90% behaal.

Related Articles

Back to top button