Schools

Sonstraalskool-markdag ’n reusesukses

Die Sonstraalskool vir Buitengewone Onderwys in Modimolle het op Vrydag 19 Mei ’n markdag gehou.

Kristi van der Walt stal varsprodukte uit wat op hul eie plaas verbou is.

Die skoolhoof, Hantie van Aarde, sê dit is ’n jaarlikse instelling.

“Ons stel die leerders vroeg bloot aan entrepreneurskap, want baie van ons leerders sal in die toekoms daarop moet staat maak om self ’n bestaan te maak. Hulle doen hul eie beplanning en die opvoeders bied hulp aan waar nodig. Die leerders het hul eie plakkate gemaak en hanteer self hul verkope en kleingeld. Hulle moet mooi kan bereken hoeveel wins hulle gemaak het.”

Die skool het 20 leerders en bied onderrig aan kinders met leergestremdhede. Hulle volg die CAPS-nasionale kurrikulum.

Related Articles

Back to top button