Schools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Laerskool Warmbad se seniorwenners van hul interne ATKV-redenaarskompetisie wat op Woensdag 15 Februarie by die skool gehou is, staan trots reg vir die kamera. Die junior-uitdunne het die dag daarna plaasgevind. Die leerders het deelgeneem in huistaal en eerste addisionele taal.
Hoërskool Warmbad spog met 11 onderwysers wat deur die Bela-Bela-munisipaliteit tydens ’n spesiale toekenningsgeleentheid vereer is vir die prestasies wat hul matrieks tydens verlede jaar se eindeksamen behaal het. Hulle is Leone Lepart (rekenaartoepassingstegnologie), Marnel Snyman (lewenswetenskap), Nick Louw (siviele tegnologie), Thinus van der Heever (geskiedenis), Sasha Jooste (rekeningkunde), Danica van den Berg (ekonomie) en Stephanie Bauer (Engels Huistaal). Afwesig tydens die neem van die foto: Celia Groothof (toerisme), Marion Verwey (wiskunde), Cathy van Vuuren (verbruikerstudies) en Danielle Prins (Afrikaans Eerste Addisionele Taal).

Related Articles

Back to top button