Schools

Oud-warries spog met prestasies

Die kinders van Bela-Bela wat hul skoolloopbane aan Pretoria-skole voltooi het, het die dorp se naam besonder hoog gehou met uitstekende matriekuitslae.

Jané Cilliers van die Hoërskool Menlopark in Pretoria het vyf onderskeidings behaal. Sy gaan aptekerswese aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom studeer.
Lizé Süllwald van Hoërskool Waterkloof het sewe onderskeiding op haar sertifikaat. Sy is reeds onderweg na die Universiteit van Stellenbosch om vir ’n graad in regte te studeer.
Anrich Becker van die Hoërskool Menlopark het danksy harde werk sewe onderskeidings behaal. Hy wil vanjaar veeartseny aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Related Articles

Back to top button