Schools

Van geesvang tot beste Warrie-atlete vereer

Hoërskool Warmbad het op Donderdag 19 Januarie ’n mini-geesvangbyeenkoms gehou.

Die skool het vroeër hul interhuisatletiekbyeenkoms gehou, maar die trofeë vir die beste atlete eers by die geesvangbyeenkoms oorhandig.

Die leerders het later ’n voorsmakie gekry van die dirigente se kreatiwiteit en aansteeklike energie.

Die Warries sien uit na die Bosveld Interhoër wat vanjaar by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal aangebied word.

Maria Tlou is aangewys as senior Victrix Ludorum. Thinus van der Heever, sportorganiseerder, oorhandig haar toekenning.
Dienkie Vorster het die junior Victrix Ludorum-trofee, asook die trofee vir die beste junior meisiesbaanatleet verower. Sy het ’n nuwe rekord opge-
stel in die meisies o.14-gewigstoot-item. Louis Cilliers, skoolhoof, oorhandig haar toekennings.
Pule Sebolao is met die senior Victor Ludorum-, asook beste senior veldatleet-toekenning vereer. Saam met hom is sy trotse pa, Pule (snr.).
Kyle Roux is aangewys as die junior Victor Ludorum. Saam met hom is skoolhoof Louis Cilliers.

Related Articles

Back to top button