Schools

Hoofleier-balkies vir twee neefs

Twee neefs van onderskeidelik Mookgopong en Mokopane is aangewys as die hoofseuns van hul onderskeie skole.

Migael Pohl en Carl Frederich Pohl is nie net bloedverwant nie, maar ook boesemvriende.

Migael (almal ken hom as Patat) is as die hoofseun vir 2023 van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong aangewys en Carl as die hoofseun van Laerskool Krugerpark in Mokopane. Die twee is ook ewe oud en van kleins af beste maats.

Migael is in Mookgophong gebore.

Migael Pohl, hoofseun van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong vir 2023.

Die seuns se pa’s is broers wat oorspronklik van Mooketsi af kom. Carl se pa, ook Carl, werk by ’n wildsplaas buite Mokopane en Migael se pa, Riaan, boer in die Mookgophong-omgewing.

Die twee seuns het groot planne vir die jaar. “My visie vir 2023 is om ’n goeie leier te wees en respek te betoon en om die lig van Jesus te laat skyn in ’n wêreld wat al hoe donkerder word. Ek wil mense hoop gee deur nooit op te gee nie en deur te druk in moeilike situasies. Ek wil my beste gee oral en ’n goeie voorbeeld wees vir my maats en mede-leerders, asook ander skole se kinders,” het Migael aan Die Pos gesê.

Carl Pohl, hoofseun vir 2023 van Laerskool Krugerpark in Mokopane.

Hy is nie net ’n leier nie, maar hou ook van rugby, visvang, motorfiets ry, musiek en dans. Hy speel ook graag dromme.

Carl is in Tzaneen gebore, maar sedert 2016 is hy ’n trotse leerder van Laerskool Krugerpark. “Ons skool lê my na aan die hart en het my help groei tot waar ek nou is. Ek sien baie uit na 2023 en wat dit kan bied. Ek en my neef is al vriende van geboorte af en ons het ’n spesiale band. Ek voel bevoorreg om saam met hom die titel as hoofseun te dra. Ons gaan diensbaar wees vir Hom en

Hy sal ons dra. Sterkte, Patat, en gee jou beste,” het Carl geesdriftig gesê.

Related Articles

Back to top button