Schools

Hoofde pak jaar met ywer aan

Die hoofde en leerkragte van Mookgophong het die afgelope drie jaar talle uitdagings in die gesig gestaar.

Die Pos het met drie skoolhoofde gepraat oor hulle planne vir die jaar wat voorlê.

Anel Pretorius.

Anel Pretorius, hoof van Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool:

“Ek is positief en opgewonde oor die nuwe jaar. Ons kan nie in die toekoms sien nie, daarom is ons tema vir 2023 ’n uitbreiding van ons skool se leuse: In U Lig — sien ons die lig’. Lig dui rigting aan en dit bring ook perspektief.”

Volgens Pretorius streef die skool daarna om alles wat hulle vanjaar beplan, positief aan te pak met die oë gerig op die Here. “Ons skool het ’n lang, ryke geskiedenis waar daar gestreef word om elke leerder te ontwikkel tot sy of haar volle potensiaal en om die beste te wees wat hulle kan wees. Euphorbia se leer-
ders word gelei om hoër hoogtes te bereik as wat hul self geglo het hul kan bereik,” het sy gesê.

Marina Gravett.

Marina Gravett, hoof van Laerskool Eugène N. Marais:

“Ek is baie entoesiasties oor die nuwe jaar en die skool se tema vir 2023 naamlik: “Groot bome staan sterk.” Sy vertel die kinders sal dus vanjaar geleer word om sterk te staan.

“Al is jy ’n klein boompie, kan jy ook sterk staan,” het sy gesê. Haar wens is dat die leerders, onderwysers en ook die ouers elke dag met vreugde sal groet en as ’n geskenk sal sien. “Hierdie 199 geskenk-skooldae moet elke dag opgewonde met vreugde oopgemaak word. Ons leef in dankbaarheid teenoor die Here wat ons skool so ryklik seën.”

Die skool beplan ’n groot konsert in die derde kwartaal waaraan al die leerders, ook die voorskoolse klasse, sal deelneem.

Rinus de Jager.

Rinus de Jager, hoof van Hoërskool Hans Strijdom:

“Ek wens almal in die Waterberg ’n geseënde jaar toe en sien met groot verwagting uit na die jaar. Ons verwelkom die nuwe leerders en begin reeds met die voorbereiding vir die Bosveld Interhoër-atletiekbyeenkoms wat in 2024 hier plaasvind. Die skool se doelwit is om aan elke leerder ’n veilige ruimte te skep in die wêreld waarin ons tans leef.” Hy stuur ook sy beste wense vir 2023 aan al die skole in die buurdorpe. “Mag dit ’n mooi jaar wees.”

Related Articles

Back to top button