Schools

Terug skool toe!

Skole in die Waterberg-omgewing het amptelik op Woensdag 11 Januarie geopen.

Hier is ‘n voorsmakie van die groot dag by die ‘groot’ skool.

Jenné Yzelle is baie opgewonde om by die groot skool (Laerskool Nylstroom) aan te klop. By haar is haar ma, Adéle.
Franja Roos is nuuskierig oor al die dinge wat sy in gr. 1 by Laerskool Nylstroom gaan leer. By haar ma Elsje.
Omopelong Maluleka is a new Grd 1 learner at Laerskool Nylstroom. His parents Linah Seshoka and Jim Maluleka are very proud.
So ’n klein bietjie moed inpraat en Kian Mulder is reg om met sy gr. 1-jaar weg te spring. Ma Jacqueline het nog een stywe druk gegee en die skooldag het begin.
Gr. 1 maak glad nie vir Princess Kea van Laerskool Nylstroom bang nie. Sy is reg om te begin werk.
Charles Hockley is baie beïndruk dat daar lekkergoed op sy tafel is. Sy laggie lê sommer vlak en hy sê hy is baie opgewonde oor al die nuwe dinge.
Totsiens Pappa, jy sal regkom sonder my! Pieter Barnard, gr.1-leerder van Laerskool Nylstroom, het mooi afskeid geneem van sy pa, Willem, nadat hy sy sitplekkie in die nuwe klaskamer gekry het.
AJ van Zyl is reg vir gr. 1 by Laerskool Nylstroom! Sy ouers Kayla en Gedion het hom tot by sy klas vergesel en hy was baie gretig om sy dag te begin.
Mamma, ek is so opgewonde, maar kan jy nie net nog so ’n bietjie hier bly nie? Dié jong Nylie, Arthur Oosthuizen, sien uit na al die nuwe dinge wat gr. 1 bring. By hom is sy ma René Oosthuizen.
Skole in Bela-Bela het amptelik op Woensdag 11 Januarie geopen. Die nuwe gr.1-leerders wat by Laerskool Warmbad ingeskakel het, het hul juffrouens met opgewondenheid ontmoet en gemaklik in hul nuwe klasopset aangepas. Op die foto is die gr. 1-groep wat opgewonde saam met hul nuwe juffrou, Tiana Jansen van Nieuwenhuizen, vir die kamera glimlag.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button