Schools

Leerders ontvang toekennings vir uitnemendheid

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Woensdag 30 November en Donderdag 1 Desember hul junior- en senior prysuitdelingsgeleenthede gehou.

Leerders is beloon vir hul harde werk en het met trofeë weggestap.

Robert Abrahamse se prestasies die afgelope jaar is indrukwekkend en hy verdien die toekenning as sportseun vir 2022. Robert het ook trofeë ontvang vir atletiek, rugby en krieket. Sy sussie, Misha saam met hom op die foto is ook ’n kranige atleet. Sy ontvang die trofee vir beste netbalspeler.
Mia Botha is op Donderdag 1 Desember aangewys as die sportmeisie vir 2022. Dié leerder het ook trofeë gewen vir landloop, atletiek, swem, netbal en hokkie. In haar besige program het sy haar nog onderskei as redenaar van die jaar ook. Mia is ook aangewys as die beste akademiese presteerder in gr. 6.
Ook Ruan Turvey het sy staal hierdie jaar gewys. Hy word aangewys as die senior veldatleet van 2022, hy ontvang ook ’n trofee as beste swemmer en was die o.11-span se krieketspeler van die jaar.
Mia Botha en Renier Pieterse is aangewys as skool se nuwe hoofleiers vir 2023. Anel Pretorius, leiervoog, staan by hulle op die foto.
Tydens die prysuitdeling Is Chané Loots aangewys as die kultuurleerder vir 2022. Sy het ook die gesogte trofee van Dux-leerder ontvang.
Wihann Schalekamp is aangewys as die krieketspeler vir 2022. Hy was ’n ankerspeler in die skool se eerstespan en het bygedra tot die span se welslae.

Related Articles

Back to top button