Schools

Topakademiese- en sportleerders vereer

Hoërskool Warmbad het op Woensdag 26 Oktober hul topakademiese- en sportleerders tydens die skool se lourierfunksie vereer.

Die Warries spog met akademiese slimkoppe en die skool se sportleerders het ook nie teleurgestel nie.

Van die leerders het op nasionale- én internasionale vlak deelgeneem en goed presteer.

Marijke Vosloo is aangewys as die Dux-leerder. Sy het uitstekend gevaar in Afrikaanse Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, lewensoriëntering, lewenswetenskap, rekeningkunde, wiskunde en musiek. Die gesogte burgemeesterstrofee is aan haar oorhandig.
Frances de Jonge en Megan Prinsloo het saam die wisseltrofee vir hokkie ontvang. Albei was kapteine in hul onderskeie spanne, is gekies vir die Noordvaal-toernooi en was deel van die Egipte-toer waar hulle op internasionale vlak meegeding het. Frances het verder toppunte behaal in Afrikaans Huistaal en rekenaartoepassingstegnologie.

Related Articles

Back to top button