Schools

Bobaasbaksters wys hul bak flatervry

Twee gr.11-leerders van die Waterberg-distrik, Anzel Botha (Hoërskool Nylstroom) en Nomsa Chaba (Hoërskool Hans Strijdom) het uitstekend presteer tydens die jaarlikse nasionale National Tourism Careers Expo (NTCE) koekbakkompetisie.

Nella van Wyk (gasvryheidstudies leerkrag van Hoërskool Nylstroom) saam met Nomsa Chaba (gr 11-verbruikerstudieleerder van Hoërskool Hans Strijdom) en Anzel Botha (gr.11-gasvryheidstudiesleerder van Hoërskool Nylstroom) het albei ’n tweede plek verwerf in hul onderskeie afdelings.

Die finale skolekompetisie is op Saterdag 1 Oktober in die goed toegeruste kombuis van die Glen Vista High School in Johannesburg aangebied. Leerders van ses provinsies het teen mekaar meegeding.

Anzel se vrolike koek met lente as tema het haar die tweede plek in die gasvryheidstudies-afdeling besorg waarmee sy ook ’n tabletrekenaar gewen het. Haar gasvry-
heidstudies leerkrag, Nella van Wyk, het die geleentheid bygewoon en is baie trots op Anzel se prestasie.

Die NTCE se loopbaanuitstalling wat in 2008 ontstaan het, is van 30 September tot 2 Oktober by die Nasrec Expo-sentrum in Johannesburg gehou.

Dié ekspo word gereël deur die nasionale departement van toerisme saam met die Gauteng Toerismeraad (Gauteng Tourism Authority) wat die departement van ekonomiese ontwikkeling in Gauteng verteenwoordig. Die doel is om leerders aan te moedig om loopbane in die toerisme- of gasvryheidsbedryf te oorweeg.

Related Articles

Back to top button