Dannhauser van der Merwe is die derde generasie van sy familie wat op die leer-
derraad van die Hoërskool Menlopark dien. Hy is tans hoofseun, asook koorhoofseun. Sy sussie, Stefani, was in 2015 onderhoofmeisie by dié skool, asook voorsitter van die skool se Parkieraad. Hul
broer, Albert, was in 2019 ook die hoofseun en koorhoofseun by Menlo. Die drie se ouers, Dannhauser, ’n bekende boer van die Springbokvlakte, en ma, Jeanette, se harte bars uit hul nate van trots.
Drie oud-Warries, Dannhauser van der Merwe, Cynell Janse van Rensburg en Regardt Grobler, is in Augustus verkies op die leerderraad van die Hoërskool Menlopark in Pretoria.
Cynell Janse van Rensburg was ’n presteerder van Laerskool Warmbad wat haar hoërskoolloopbaan in Pretoria aangepak het. Sy is onlangs tot die Hoërskool Menlopark se dagbestuur verkies. Haar ouers is Michelle en wyle Jaco Janse van Rensburg.
Regardt Grobler is nie net ’n oud-uitblinker van Laerskool Warmbad nie, maar presteer ook by die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Hy is verkies tot die dagbestuur en is ook aangewys as die hoofseun van die koshuis.