Schools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Die junior- en seniorspreekkore (bo en onder) van die Euphorbiaskool, onder leiding van Belinda Booysen, het besonderse prestasies tydens die Eugène N. Marais-kunsfees in Mookgophong verwerf. Albei spreekkore het hoogste loftoekennings ontvang.


Die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Saterdag 13 Augustus by Laerskool Warmbad in Bela-Bela aan die Bosveld Interlaer-redenaarskompetisie deelgeneem. Voor op die foto is Luan Venter (algeheel derde). Agter is Mia Botha (eerste) en Chané Loots (derde).
Hierdie gr.4-7-leerders van die Euphorbiaskool het begin Augustus puik presteer in die woordkuns-afdeling van die Eugène N. Marais-kunsfees. Voor is Stiaan Pretorius (A++, A, A), Mary-Jane Rabie (A, A, B+), Nikla Janse van Vuuren (A+, B+), Lumé Venter (A++) en Harrich Pretorius (A++, A). Agter staan Renier Pieterse (hoogste lof, A+, A+, A+), Chané Loots (A+, A), Mia Botha (A++, A+, A+, A, A, A), Carli Strauss (A+, A, A, B+), Mika van Jaarsveld (A++, B) en Le Roux Brits (A+).
Die Euphorbiaskool se musiekleerders het puik presteer in die toonkunsafdeling van die Eugène N. Marais-kunstefees wat vanaf Woensdag 10 Augustus in Mookgophong aangebied is. Op die foto is Lumé Venter (A), Renier Pieterse (A+, B+), Mia Botha (A+, A), Lize Janse van Vuuren(A, A) en Willem Botha (A).
Die Euphorbiaskool in Mookgophong is trots op die volgende junior leerders wat hul skool se naam hoog gehou het tydens die woordkunsafdeling van die Eugène N. Marais-kunsfees. Voor is Lienke Strauss (A+), Livia Venter (A+, B+), Miané Loots (A++, A), Logan Booyse (A, B+) en Chloé Viljoen (hoogste lof, A++, A++, A+, A+, A+). Agter staan Willem Botha (hoogste lof, A++, A+, A+, A), Wouter Venter (A), Luan Venter (A) en Leila Potgieter (A+, A+).

Related Articles

Back to top button