NewsSchools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Laerskool Warmbad het aan die begin van die nuwe skooljaar met ’n nuwe motiveringstelsel vir hul leerders begin. Punte word aan ’n leerder toegeken wat by die skool in verskeie afdelings soos die klaskamer, dissipline, akademie, leierskap en sport uitstaan. Sodra ’n leerder 200 aanprysings-
punte verwerf het, ontvang hulle ’n balkie. Indien 300 punte verwerf is, ontvang hulle die gesogte wit Warrie-knopie. Op die foto is ’n trotse Buhle Nhlapo, gr. 7-leerder, wat onlangs haar wit knopie ontvang het.
Five learners of Hoërskool Nylstroom participated in the Department of Transport and Community Safety’s annual Road Safety debate competition. It was held at Lekkerbreek Primary in Phaga-
meng on Saturday 21 May. Tiisetso Selema (Grd 10) and Honey Tohebo (Grd 11) were among the top three learners in the Waterberg-district. They have been selected to participate in the provincial competition to be held in Polokwane later this year.
Laerskool Warmbad is baie trots op dié groot groep jong sprekers wat op Vrydag 6 Mei aan die ATKV- redenaarskompetisie by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong deelgeneem het. Hulle het hul goed van hul taak gekwyt en die uitslae van die volgende ronde se deelnamers sal eersdaags bekend gemaak word.
Die volgende leerders van Hoërskool Nylstroom het deurgedring na die semifinale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie: Stefan van Heerden en Erlu Fourie (gr. 8), Mika Hlabela (Eerste Addisionele Taal, gr. 9) en Marli Broodryk (gr. 9), Lesedi Nkgodi (Eerste Addisionele Taal, gr. 12) en Altus du Plessis (gr. 10). Die uitdunronde, wat op Vrydag 20 Mei plaas gevind het, se uitslae sal eersdaags bekend gemaak word.

Related Articles

Back to top button