NewsSchools

Só leer die Voortrekkers speel-speel

Die lede van die Ysterberg Voortrekkerkommando het op Saterdag 23 April behoorlik pret gehad toe hulle besoek afgelê het by Reptile Inc.

Schalk Pelser hou die krokodille op ’n veilige afstand dop.

Volgens Karin Naudé, ’n offisier van die kommando, het die kinders hul gate uit geniet met verskeie aktiwiteite.

Die Penkoppe, Drawwertjies en Verkenners het die dag deurgebring deur te leer van verskeie slangspesies, gekyk hoe krokodille gevoer word en perd gery.

Naudé moedig mense aan om by die kommando aan te sluit en deel te word van die lekker-leer-en-speelfamilie van die Ysterberg-Voortrekkers.

Vir meer inligting bel haar gerus by tel. 083 996 3237.

Ettienne Pieterse maak behoorlik kennis met sy perd voordat hulle saam ’n lang rit aandurf.
Robbie en Lounelle du Plessis vat ’n blaaskans tydens die roetemars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button