NewsSchools

Ouers leer meer oor die ontwikkeling van die jong kind

Die bekende skrywer en kinderontwikkelingspesialis, dr. Melodie de Jager, het op Woensdagaand 20 April die ouers van Mookgophong toegespreek oor die ontwikkeling van jong kinders.

Die geleentheid is deur Vicky-Lynn du Toit, ’n onderwyser van Laerskool Eugène N. Marais, gereël en die praatjie is ook by die skool gehou.

“Dit was ’n ongelooflike insiggewende aand en ons is dankbaar vir die wysheid wat sy met ons kom deel het,” het Marina Gravett, skoolhoof, gesê.

Daar was ongeveer 100 mense wat die geleentheid bygewoon het. Dit was nie ’n fondsinsamelingsprojek nie; die skool het die aand ten bate van die gemeenskap aangebied. Elkeen het ’n verwelkomingspakkie gekry met onder meer ’n notaboekie, potlood en ’n botteltjie water. Gravett het geopen en De Jager aan die gaste bekend gestel.

“De Jager is ’n ma, ouma, spreker, navorser, onderwyser en outeur. Van haar boeke is in Russies, Chinees, Spaans, Italiaans en Duits vertaal, maar dit is eintlik haar hart vir kinders wat die meeste gewig dra. Haar vermoë om komplekse begrippe oor die ontwikkeling van jong kinders eenvoudig oor te dra, maak van haar ’n gewilde spreker vir radio- en ook televisieprogramme,” het Gravett gesê.

Related Articles

Back to top button