NewsSchools

Frikkies maak musiek

Ken jy Ta’ Mossie se sakkie-sakkie-boeredans of Bruce Springsteen se grootste treffers?

Adri Serfontein, Chrisna Els, Henriette Geldenhuys en Willemien Schutte (agter) het die personeel van Hoërskool Frikkie Meyer verteenwoordig en in die tweedeplek van die skool se noot-vir-noot-kompetisie geëindig.
Carla Barnard, een van die leerders van Hoërskool Frikkie Meyer, het tydens die pouse die gehoor vermaak met ’n lekker karaoke-liedjie.

Dan kon jy ’n wenner by die Frikkies se musiekkompetisie gewees het.

Hoërskool Frikkie Meyer het die afgelope naweek die musiekkennis van hul leerders en ouers op die proef gestel tydens ’n opwindende noot-vir-nootkompetisie. Die skoolsaal se dak het met tye gelig met die spontane samesang.

Getrou aan die Frikkie-gees het ’n groot groep ondersteuners van die skool hul stembande opgewarm, hul vingers op die knoppies gehou en hul ore ingespan om as dié musiek-foendies van dié skool se eerste musiekvasvra gekroon te word.

Verskeie spanne het tydens die opwindende spel hul kennis van musiek uit die tagtigerjare en bekende kenwysies getoets. Hulle kennis oor gewilde sangers is ook gemeet.

Dié genotvolle aand het die skool se koffers aangevul en gaste het gesê dit moet beslis ’n jaarlikse instelling word.

Elodie van Emmenes, Amy Leigh Pretorius en Anthony Opperman was drie Frikkie Meyer-leerders wat deel was van die wenspan. Anthony se uitsonderlike kennis van musiek uit die tagtigerjare het sy span gehelp om die ander spanne te klop.

Related Articles

Back to top button