NewsSchools

Laerskool Koedoeskop woeker tydens skoolvakansie

Die leerders van Laerskool Koedoeskop het gedurende die Maart-vakansie behoorlik gewoeker met hul talente.

Leerders het aan verskeie aktiwiteite waaronder dans, skaak, karate en motorfietswedrenne deelgeneem.

Marli Fourie is by Laerskool Koedoeskop bekend vir haar puik skaakspel. Sy het reeds in 2021 gewys wat in haar steek toe sy tydens die African Youth Chess Championship (AYCC) in Accra, Ghana, deelgeneem het. Sy het die afgelope vakansie aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap deelgeneem en bewys dat sy nie maklik geklop word nie.
Karla Fourie van Laerskool Koedoeskop het op Maandag 28 Maart aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap deelgeneem. Sy het in die o.8-kategorie deelgeneem en haar strategiese skuiwe het selfs van die volwassenes in verwondering gelaat.
Martelize Groenewald van Laerskool Koedoeskop het gedurende die skoolvakansie aan die Gauteng-eisteddfod deelgeneem. Sy is met ’n A++ (90%) beloon vir haar harde werk en uitste-
kende dansopvoering. Martelize is nie net dinamiet op die dansvloer nie, maar kan ook ’n klavier se klawers kielie. Sy het die vakansie ook haar Unisa-musiekteorie-eksamen (gr. 2) geslaag.
Lourens Tolmay van Laerskool Koedoeskop het in Februarie aan die Ring Contact Fighting Arts-karatetoernooi in Vereeniging deelgeneem. Hy het tydens dié byeenkoms goue medaljes in drie afdelings (reekse, wapengeveg en fiksheid) verwerf en ook ’n silwer medalje vir gevegte. Hy het ook Limpopo-kleure in karate verwerf en neem van 13-15 Mei aan die Suid-Afrikaanse-kampioenskap in Mosselbaai deel.

Related Articles

Back to top button