NewsSchools

Hansies praat ’n storm los ná twee jaar stilte

Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong was verheug om ná bykans twee jaar se “stilte” weer hul gewilde interne redenaarskompetisie te kon aanbied.

Altesame 21 sprekers het mekaar op Dinsdag 1 Maart die stryd aangesê.

Die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) het vanjaar hul aantal deelnemers per skool verhoog in ’n poging om deelname ’n hupstoot te gee.

”Ons is opgewonde daaroor en ons skud ons praatvere reg vir 5 en 6 Mei wanneer die Limpopo-Suid-uitdunronde by die Hansies plaasvind,” het Johanette Pretorius, organiseerder van die redenaars, aan Die Pos gesê.

Altesame 13 van die senior sprekers het deelgeneem aan die voorbereide toesprake.

Die Hansies se junior redenaars vir 2022 is Tiffany van der Merwe (derde), Reuben van der Wal (tweede) en die wenner is Marnus Law.

Danielle Rentroia, vanjaar se hoofmeisie by die Hansies, was die wenner in die kategorie.

Dané Cornelius was kort op haar hakke in die tweede plek en Zander Law was derde.

Allanah Cawood is die wenner van die Eerste Addisionele Taal vir seniors.

Marnus Law het met die louere weggestap by die juniors se voorbereide toesprake met Reuben van der Wal tweede en Tiffany van der Merwe in die derde plek. Caitlyn Hunter was die wenner van die seniors se onvoorbereide toesprake. Isebelle de Beer was tweede en Nicola Strauss derde.

Die sprekers in die Eerste Addisionele Taal-kategorie het hul bedrewenheid in Afrikaans gewys. Alannah Cawood het die eersteplek as senior spreker losgepraat.

Hennie de Vos was die junior wenner in die onvoorbereide-afdeling.

“Dit was duidelik dat leerders uitgehonger is om hul sê te sê,” het Pretorius na afloop van die redenaarskompetisie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button