NewsSchools

Laerskool Thabazimbi verf die skool rooi

Valentynsdag word wêreldwyd op 14 Februarie herdenk deur mense wat die liefde vier.

Die gebruik om vir geliefdes briewe te skryf, geskenke uit te deel en sagte musiek en goeie kos by kerslig te deel, is egter vir min leerders beskore.

Die gr. 7-leerders van Laerskool Thabazimbi en personeel het Valentynsdag met ’n lekker, vrolike sokkie deurgebring.

Die jonges het hulself opgetof in pragtige rooi of pienk uitrustings en het heerlik saamgekuier en gedans met skoolvriende en personeellede.

Helga Snetler van Laerskool Thabazimbi het pragtig gelyk in haar stylvolle pienk uitrusting tydens die Valentynsokkie wat op Maandag 14 Februarie by die skool gehou is.
Francois Brits, Mia Blignaut, Nicole Rudolph en Luca Lorio geniet die heerlike kuieraand tydens die Valentynsokkie saam met skoolvriende.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button