NewsSchools

Laerskool Koedoeskop vier die liefde

Hier in die hartjie van die Bosveld het Laerskool Koedoeskop Valentynsdag gebruik om vir leerders, onderwysers en ouers te wys hul opofferings, liefde en toewyding word waardeer.

Die 2022-leerlingraad het besluit om vanjaar die skoolgronde rooi te verf en ’n bederfdag aan te bied. Die liefde was behoorlik in die lug op Maandag 14 Februarie.

Die personeel van Laerskool Koedoeskop geniet ’n heerlike bederfdag op Maandag 14 Februarie wat deur die leerlingraad van 2022 gereël is. Op die foto is Maritza Grobbelaar, Monica Steenekamp en Elmie Janse van Rensburg. Agter hulle is Lizette Cohen en Hilene Jacobs.
Natasha en JD Smith het aan die begin van die jaar deel geword van die Koedoeskop-familie en is reeds baie geliefd onder personeel en leerders.

Related Articles

Back to top button