NewsSchools

Frikkie se uitblinkers gee rede om trots te wees

Die Amerikaanse motiveringspreker en predikant Eric Thomas het by geleentheid gesê: “Uitnemendheid is om al die klein takies perfek uit te voer.”

Hoërskool Frikkie Meyer het op Vrydag 4 Februarie tydens die lourierfunksie teruggekyk op ’n jaar se uitnemendheid en hulde gebring aan dié leerders wat, ten spyte van uitdagings, steeds in 2021 goed presteer het.

Die leerders wat op akademiese gebied presteer het en aangewys is as graadwenners, is Ami White (gr. 8 met ’n gemiddeld van 91,3%) en Kara Kotzé (gr. 9 met ’n gemiddeld van 89,7%).

In die gr. 10-groep was Ané Viljoen eerste met ’n gemiddeld van 95,2% en Magdelyn van Heerden is as die toppresteerder in gr. 11 aangewys met ’n gemiddelde persentasie van 89,9%.

Op sportgebied het die Frikkies ook nie laat slaplê nie.

Cara Pieterse is tydens Hoërskool Frikkie Meyer se lourierfunksie op Vrydag 4 Februarie as atleet van die jaar aangewys.

Cara Pieterse is aangewys as die atleet van die jaar. Maya Broekhuizen, wat selfs in die Covid-19-grendeltyd aan provinsiale boogskietkompetisies deelgeneem het, is as die boogskut van die jaar bekroon.

Luca Coetzee het Hoërskool Frikkie Meyer in gimnastiek verteenwoordig en puik uitslae behaal. Hy is as die gimnas van die jaar aangewys.

Arno van Niekerk is as jukskeispeler aangewys en Janike van der Merwe het die trofee as die gholfspeler van die jaar gewen.

Charné van der Berg is as die netbal- en krieketspeler van die jaar aangewys.

HJ Janse van Rensburg is op Vrydag 4 Februarie as sportseun van die jaar gekroon.

Die trofee vir rugbyspeler van die jaar is aan RF Schoeman toegeken.

Die sportseun vir 2021 was HJ Janse van Rensburg en die sportmeisie vir 2021 was Charné van der Berg.

Dié leerders het op verskeie sportgebiede uitgeblink en besondere prestasies behaal.

Lieselotte Smit is as kultuurleerder van 2021 aangewys.

Mari Theunissen is die Dux-leerder. Sy het ’n gemiddeld van 94,86 in die senior sertifikaateksamen behaal. Met dié pragtige prestasie is sy ook as die topleerder in die Waterberg-distrik aangewys. Sy spog ook met vyf vaktoekennings in die Waterberg-distrik.

Mariska Coetzee, hoofmeisie van 2021, is as die veelsydigste leerder aangewys. Sy het agt onderskeidings in die eindeksamen behaal en het Hoërskool Frikkie Meyer op verskeie geleenthede verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button