NewsSchools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Hoërskool Nylstroom het verlede week hul meriete-geleentheid wat einde verlede jaar weens die Covid-19-maatreëls uitgestel moes word, aangebied. Die gr.8-groep van 2021 is op Dinsdag 1 Februarie aangekondig terwyl die gr. 9-groep op Woensdag 2 Februarie vereer is. Die gr.10- en gr.11-groepe se merietegeleentheid is onderskeidelik op Donderdag 3 Februarie en Vrydag 4 Februarie in die skoolsaal gehou. Elke graadgroep kon die geleentheid saam met hul ouers bywoon. Op die foto is die graadwenners: Mia Kirsten (gr. 10), Zanellé Janse van Rensburg (gr. 8), Khomotso Selema (gr. 11) en Altus du Plessis (gr. 9).
Altus Roos is een van Hoërskool Nylstroom se gr. 8’s wat op Maandag 31 Januarie as volwaardige Nylie verwelkom is tydens hul klokseremonie waar hulle ook hul skooldasse ontvang het. Die seremonie is verlede jaar vir die eerste keer gehou toe die matriekleerders die klok op hul laaste skooldag gelui het om hul skooldae vaarwel toe te roep. Hierdie is die eerste gr. 8-groep wat op hierdie wyse verwelkom is. Hulle sal ook weer die klok op hul laaste skooldag lui.

Related Articles

Back to top button